Bybel vir almal

Taal: Afrikaans

Vertalingsinligting

ABA Die Bybel vir Almal

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Meer inligting oor hierdie Titel:

Die Bybel vir almal is oorspronklik deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika uitgegee as Die Bybel vir Dowes. Dit is uit die brontekste in maklik leesbare Afrikaans vertaal sonder dat enigiets uit die oorspronklike tekste verlore gegaan het. Hierdie Bybel is in groot druk gedruk wat dit maklik leesbaar maak. Die groot verskeidenheid voetnote in die gedrukte weergawe sit woorde, begrippe en interessante inligting uiteen. Besoek gerus www.bybelgenootskap.co.za om ‘n gedrukte weergawe van hierdie Bybel te bestel.

Kopiereg inligting:

Die teks van die Bybel vir Almal (ABA) wat in hierdie elektroniese formaat of webblad verskyn is slegs vir persoonlike gebruik.

Tot vyfhonderd (500) verse van hierdie Bybel in enige formaat (geskrewe, visueel, elektronies of oudio) mag sonder toestemming aangehaal word. Die aangehaalde verse mag egter nie meer as 50% van ‘n volledige boek van die Bybel, of meer as 25% van die totale teks van die werk waarin hulle aangehaal word uitmaak nie, anders moet voorafgaande skriftelike toestemming verkry word. Kopieregerkenning moet in alle gevalle op die titel- of kopieregblad verskyn.

Vir meer inligting oor kopieregvoorwaardes of om aansoek te doen, besoek gerus www.bybelgenootskap.co.za.

Kopiereginligting

© 2007 Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.